Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 24 JUNIE 2007

U luister na amateurradiostasie ZS6SRL van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. U kan ook na hierdie oggenduitsendings luister deur per Echolink met ZS6FCS te koppel. U kan ook na www.sarl.org.za gaan en op ARMI klik en die daar aangeduide skakels volg om oudio daarvandaan te ontvang. Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van die SARL se webwerf nl. www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie uitsending word gedoen deur George, ZS6NE, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400 14,235, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos nodig).

In die nuus vandag:

’n YAESU VX-2R DRAAGBARE SENDONTVANGER KAN VANMIDDAG GEWEN WORD

BLOEMFONTEIN-RTA--PROGRAM NOU OP DIE WEB

SA AMSAT RUIMTEKONFERENSIE GESKUIF

JAARLIKSE REKENINGS NOU BETAALBAAR

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir die volledige berigte oor die voorgenoemde items, sowel as ander belangrike en interessante berigte.

’n YAESU VX-2R DRAAGBARE SEND/ONTVANGER KAN VANMIDDAG GEWEN WORD

'n Yaesu VX-2R 2 m / 70 cm mikro-handdraagbare send/ontvanger is vanmiddag op die spel wanneer die SARL Digitale Kompetisie op die lug is vanaf 15:00 tot 18:00 SAT op 40, 6 en 2 meter. Die middelpunt van aktiwiteit op die drie bande is 7,037 MHz, 50,225 MHz en 144,138 MHz. ‘n Seinrapport en reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Die reels is uitgestuur met HF Happenings en verskyn op bladsy 8 van die SARL-Kompetisiehandboek. Na afloop van die kompetisie, besorg jou logstaat so gou moontlik by die Lichtenburg ARK.

BLOEMFONTEIN-RTA-PROGRAM NOU OP DIE WEB

Bloemfontein is die volgende bestemming vir die SARL se Radio-Tegnologie-in-Aksie-program. Die tegnologiese dag word op Saterdag 21 Julie by die Gevorderde Opleidingsvleuel van die Pantserskool aangebied. Die program behels die hoofprogram soos by ander sentra aangebied asook twee bykomende aanbiedings.

Bernie van der Walt, ZS4TX, gaan praat oor sy ondervindings by die Wêreld-Radiosportspankampioenskappe, of WRTC, en sal hy ook van sy geheime deel oor hoe om ‘n suksesvolle DXer te wees en sukses in kompetisies te behaal. Phillip Venter, ZS4PV, gaan die sluier lig oor WSJT-sagteware en ook BHF-antennas bespreek. Die volledige program is beskikbaar by www.sarl.org.za/rta.htm.

Merk 21 Julie in jou dagboek, as jy in die Vrystaat, Noord Kaap of Lesotho woon, moet jy nie hierdie dag misloop nie.

KLTK IS NIE ‘N AANVAARBARE STELSEL TERWYL DIE MOONTLIKEID VAN STEURINGS OP HF HOOG IS NIE

Kraglyntelekommunikasie is nie ‘n aanvaarbare stelsel nie, solank die moontlikheid van steurings op HF frekwensies hoog bly. Dit is die boodskap wat die SARL aan die Breëbandkonferensie, wat die afgelope week by die Sandton Konvensiesentrum gehou is, gelewer het.

Voorstanders van KTLK as die oplossing om die digitale kloof te oorbrug, moet weer dink het Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, aan konferensiegangers gesê. Oorbrugging van die digitale kloof gaan oor toegang tot persoonlike rekenaars en rekenaargeletterheid en nie die verskaffing van goedkoop breëband nie. Hy sê dat die SARL nie gekant is teen nuwe tegnologie, solank hierdie tegnologie nie ten koste van die HF spektrum, wat ‘n skaars nasionale hulpbron is, gebruik word nie. Hy sê dat radioamateurs juis nuwe tegnologie aanvaar, dit is ‘n deel van om te eksperimenteer.

Met so baie suksesvole en meer verstandige tegnologie soos WiMAX en HSPDA beskikbaar, is dit moelik om te verstaan hoekom KLTK so nagejaag word. Tans is daar geen tipegoedkeuring deur OKASA nie en geen lisensies is ook uitgereik nie.

SA AMSAT RUIMTEKONFERENSIE GESKUIF NA 15 SEPTEMBER

As gevolg van die vertraging in die lansering van SumbandilaSat, het SA AMSAT besluit om die datum van vanjaar se Ruimtekonferensie by die Nasionale Amateurradiosentrum in Gauteng te skuif na 15 September. Dit beteken dat voornemende sprekers het nou tot 20 Julie om hulle aanbieding in te handig. Meer inligting sal oor die volgende aantal weke gegee word.

VOLGENDE SONDAG SAL SARL-PRESIDENT VERSLAG DOEN OOR STRATEGIESE VERGADERING

SARL-President Graham Hartlett sal Sondag 1 Julie, tydens die Presidentsnet, verslag lewer oor die Raad van die SARL se strategiese vergadering wat gister gehou is. Jaarliks ontmoet die SARL-Raad van aangesig tot aangesig om die strategie vir die nuwe finansiële jaar, wat op 1 Julie begin, te bespreek.

Die net is om 19:00 op die lug en word gevolg om 20:00 met die Integnet wat ‘n ope bespreking oor tuiskonstruksie gaan wees.

JAARLIKSE REKENINGS NOU BETAALBAAR

Die SARL se jaarlikse lidmaatskaprekenings is gedurende die afgelope aantal weke gepos en per e-pos versend. Skenk asseblief aandag aan die rekening en maak jou betaling so spoedig moontlik, Die bedrae het nie van verlede jaar verander nie, behalwe ‘n eenmalige 20% afslag vir pensionarisse. As jy per internet of eletronies betaal, dui asseblief jou roepsein en naam op die transaksie aan of faks ‘n afskrif aan die SARL-kantoor. Neem kennis dat die nuwe faksnommer 088 011 675 2793 is. Gebruik asseblief al 13 syfers waneer jy ‘n faks aan die SARL stuur.

KOMPETSIENUUS

Die voorlopige uitslae van die SARL 80 Meter QSO Geselligheid wat in April gehou is, is bekend gemaak. Die Kompetisiekomitee het slegs 2 logstate van ‘n moontlike 51 ontvang. Jan, ZS4JAN het eerste geindig met 530 punte gevolg deur die Oosrand ARK, ZS6ERB met 480 punte.

Die voorlopige uitslae van die SARL Hamnet 40 Meter Kompetisie gehou in Maart is ook bekend gemaak. Elf logstate en een kontrolelog is ontvang. Die volledige uitsla e is, in die Enkel Operateur Stilstandemobiele klas: 1ste Andy, ZS6ADY met 1 260 punte, gevolge duer Theunis, ZS2EC met 984 punte en Roger, ZR3EC met 588 punte. In die Enkel Operateur Draagbare klas is Al, ZS2U die wenner met 1 980 punte, gevolg deur Alan, ZR1AAH met 1 386 punte en Dennis, ZS4BS met 1 188 punte. In die Enkel Operateur Basisstasie klas is Jan, ZS4JAN die wenner met 2 988 points, gevolg deur Francois, ZS6BUU met 1 836 punte, Carel, ZS3OBE met 1 638 punte, David, ZS1LL met 1 350 punte en Jan, ZS1VDV met 912 punte.

Die jaarlikse IARU HF Wereld Kampioenskappe word gedeurende die 24 uur tydperk tussen 12:00 UTC Saterdag 14 Julie tot 12:00 UTC Sondag 15 Julie gehou. Dit is ‘n foon en GG kompetisie op 160 to 10 meter. Die reels sal met HF Happenings uitgstuur word.

KLUBNUUS

Die Sasolburg amateurradioklub het 'n suksesvolle aksie geloods om radiokommunikasie te verskaf aan die 1st Sasolburg Scouts op Jeugdag.

'n Echolink BHF-skakel is opgestel vanaf Vanderbijlpark na die Scouts se terrein in Sasolburg, en kontak is gemaak met 'n Nederlandse Padvinderstasie, bedien deur Padvinder-leier en nuwe amateur Leo, PD1LEO. 'n Hele aantal plaaslike Padvinders kon met Leo gesels, en vele interessante vrae en antwoorde is gewissel. Die jongklomp was betower en amateurradio het goeie blootstelling gekry. Nader jou plaaslike Padvinder-groep om uit te vind hoe jy hulle kan bystaan tydens hulle eeufeesvierings in Augustus en tydens die 50ste JOTA in Oktober.

VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteit sal wissel tussen laag en baie lae vlakke. Die verwagte geomagnetiese veld sal stil wees met moontlike aktiewe vlakke gedurende 30 Junie tot 1 Julie. Die verwagte effektiewe sonvlek telling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

20 en 40 metre is die beste keuse vir DX met moontlike 20 metre openinge vanaf 15:30 SAT na Indie". Na Australië toe kan 20 metre om 08:00 oopmaak. Vanaf ongeveer 08:00 en weer om 16:00 is daar moontlike 20 metre openinge na Europa. Om 16:00 is daar moontlike kort 20 metre openinge na die Weskus van die VSA. Andersins gaan kontakte met die Verenigde State baie uitdagend wees. Vir die Morse Kode en digitale entoesiaste sal dit lonend wees om 10 MHz te monitor.

Plaaslik gaan 40 metre regoor Suid-Afrika vir goeie voortplanting sorg vir die PSK31 kompetisie. Die goeie toestande sal ten minste tot 16:00 duur. Onthou dat HF jou nog steeds altyd kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

24 Junie - SARL Digitale Kompetisie;
30 Junie - Sluitingsdatum vir SA-DX-opname; ZS6PTA Mega Vlooimark;
1 Julie - Presidentsnet en Integnet;
23 Augustus - Klas B RAE;
18 Oktober - Klas A RAE.

Sarlnuus maak staat op nuusitems wat vir radioamateurs van belang is en deur klubs en individue ingestuur word. Die enigste manier om te verseker dat u berigte Sarlnuus bereik is om dit in die korrekte plek op die webwerf van die SARL nl. www.sarl.org.za/newsinbox.asp te plaas nie later nie as die Donderdag wat die bulletin voorafgaan. Dit sal waardeer word indien u dit in Afrikaans sowel as Engels sal doen.

Die SARL nooi ook alle luisteraars om hierdie Sondagoggend om 10:00 SAT na die program Amateur Radio Mirror International op 145,750 MHz in die Pretoriagebied, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 695 kHz, te luister. Oudiostrome is ook vanaf www.zs6mrk.org sowel as per Echolink vanaf ZS6FCS, soos vir hierdie bulletin, beskikbaar. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Telkom en Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Dennis, ZS4BS, saamgestel en vertaal is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003